Afrika Christen Demokratiese Party

Afrika Christen Demokratiese Party
ACDP
Logo van die betrokke party.
Leier Eerw. Dr. Kenneth Meshoe
Gestig 9 Desember 1993
Hoofkwartier Eerste vloer, Statsgebou, 2 Fore Straat, Alberton, Gauteng
Ideologie Christen Demokraties
Sosiale konserwatisme
Internasionale affiliasie Internasionale Christen Demokratiese Politieke familie
Amptelike kleure Rooi en blou
Webblad www.acdp.org.za

Die Afrika Christen Demokratiese Party (ACDP) is 'n politieke party in Suid-Afrika en vorm deel van die Internasionale Christen Demokratiese Politieke familie. Die party is gestig op 9 Desember 1993 en verklaar dat hulle die "Bybelgelowige Christene" en "diegene wat hoë ag slaan op morele waardes" verteenwoordig.

Die 2000-handves opponeer die promovering van kondome en veilige seks as 'n medium om MIV te beveg. Die ACDP is van opinie dat die kondoombeleid vir HIV-bestryding geskrap moet word en dat daar meer fokus op weerhouding en getrouheid in die huwelik geplaas moet word. Daarom eenkomstig is die ACDP se platform soortgelyk aan dié van die ChristenUnie (Nederland) en die CHP (Nieu-Seeland).

Die party word gelei deur dr. Kenneth Rasalabe Joseph Meshoe (LP). Sedert die 2009 algemene verkiesing, het die ACDP 3 lede in die Suid-Afrikaanse Parlement. Op 7 Oktober 2023 het die ACDP aangekondig dat hulle by die Veelpartyhandves aansluit en die handves se seteltelling van 108 tot 112 in die Nasionale Vergadering met 400 setels daarmee verhoog.[1][2]

  1. "Multi-Party Charter For South Africa Welcomes Announcement by ACDP and Promises More". X (formerly Twitter) (in Engels). Besoek op 8 Oktober 2023.
  2. Jeffrey, Lauren (7 Oktober 2023). "Multi-Party Charter For South Africa Welcomes Announcement by ACDP and Promises More". ActionSA (in Engels). Besoek op 8 Oktober 2023.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search